Staatsrede: Cyril moet fokus op fiskale dissipline, skuld
Die DA versoek president Cyril Ramaphosa om in sy staatsrede voorrang te gee aan fiskale dissipline en bestuur van skuld. Die party waarsku Suid-Afrika kan ekonomies ineenstort indien staatskuld nie verminder word nie. DA-leier, John Steenhuisen, vra vir ʼn duidelike plan om skuld te verminder, reddingsboeie aan sukkelende staatsondernemings te staak en onnodige staatsbesteding te besnoei.