Kunenerivier vloei sterker, benede Oranje baie laagFebruary 5, 2025
Die Zambezirivier by Katima Mulilo het met ‘n sentimeter gestyg tot 0,84 meter, baie laer as die vlak van 1,54 meter wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die watervlak by Rundu aan die Okavangorivier is op 5 meter, teenoor 5,59 meter verlede jaar. Die Kunenerivier by Ruacana tel weer op na reën in Angola, en vloei tans teen 265 kubieke meter per sekonde. Dit is 10 kubieke meter per sekonde meer as die vorige dag. Die benede Oranjerivier is steeds baie laag en by Blouputs en Sendelingsdrift is onderskeidelik 0,33 meter en 0,20 meter gemeet.