Gespesialiseerde hof teiken wild-, omgewingsmisdade
Namibië se eerste gespesialiseerde omgewingsmisdaadhof in Otjiwarongo het in Januarie begin sit met die doel om wild- en omgewingsmisdade doeltreffender te bekamp. Die hof vorm deel van die Nasionale Natuurlewebeskermingstrategie, met ‘n vaste landdros, aanklaer en ondersteuningspan. Spesiale wildmisdaadhowe het ook verlede jaar in Oshakati, Rundu en Katima Mulilo gesit om altesaam 181 sake te hanteer, waarvan 102 afgehandel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Romeo Muyunda, die omgewingministerie se woordvoerder.