Bibi hou baie van Trump se Gaza-planne

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy steun president Donald Trump se voorstel om ondersoek in te stel na Amerika se oorname van die Gazastrook. Trump het gister tydens ‘n vergadering met Netanyahu in die Withuis daarop aanspraak gemaak dat Gaza die Riviera van die Midde-Ooste kan word. Hy het ook nie die moontlikheid uitgesluit dat Amerikaanse soldate gestuur kan word om dit te vermag nie. Netanyahu sê Israel fokus op die versekering dat Gaza nie langer ‘n gevaar vir sy land inhou nie.