Motshekga moet bedank oor DRK, meen DA
Die DA sê met die omstandighede in die Demokratiese Republiek die Kongo wat agteruitgaan, vra hy opnuut vir die onmiddellike onttrekking van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Veertien soldate is verlede maand dood in gevegte met die Rwandees-gesteunde M23-rebelle. Chris Hattingh van die DA het aan die Parlement se Verdedigingskomitee gesê die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het nie aanspreeklikheid aanvaar nie en moet afgedank word: