BOSA eis beter Staatsrede, nie herwinde retoriek nie 

President Cyril Ramaphosa gaan môre sy Staatsrede lewer en Build One South Africa sê landsburgers verdien meer as herwinde retoriek. Die party beskuldig die president dat hy in sy Staatsredes beloftes maak wat hy nie nakom nie. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê hulle het tien van die skreiendste gebreekte beloftes oor die afgelope paar jaar geïdentifiseer wat Ramaphosa se mislukkings ontbloot. Hy sê dit sluit Eskom se ontbondeling, die vermindering van werkloosheid en digitale migrasie in.