Toeriste vlug Santorini na herhaaldelike skuddings 

Duisende mense het van die eiland, Santorini, ontvlug terwyl honderde aardbewings steeds deur die bekende Griekse toeristebestemming gevoel word. Santorini staan bekend as Griekeland se “Instagram-eiland” en lok sowat 3,4-miljoen besoekers per jaar, maar huisves slegs ongeveer 20 000 permanente inwoners. Baie het besluit om van die eiland te vlug vir die veiligheid van die vasteland. Die mees onlangse groot aardbewing op Santorini was in 1956 met ʼn lesing van 7,5. Minstens 53 mense is toe dood en meer as 100 ander beseer.