Queensland oorstromings saai verwoesting

Oorstromings in Australië het verwoesting op gemeenskappe regoor die noorde van Queensland gesaai. Die staat se premier David Crisafulli sê dis ‘n ramp wat die vasberadenheid van mense gaan toets. Duisende inwoners wat ontruim is, het Dinsdag na hul huise begin terugkeer, maar daar word gevrees dat honderde eiendomme en besighede oorstroom is. Twee mense is dood. Dele van die streek het sedert Saterdag byna 2 meter se reën ontvang.