Moenie pensioene oor-reguleer, sê ekonoomFebruary 3, 2025

Ná jare se konsultasies oor die omstrede Fima-wetgewing, wat pensioenfonds onttrekkings tot 25 persent voor die ouderdom van 55 beperk het, sal verdere konsultasies na verwagting vanjaar weer begin. Staande komitees van die parlement was betrokke en so ook die lynministerie wat studies uitgevoer het. Ekonoom Jason Kasuto van Monasa Advisory & Associates sê oor-regulering is nie ‘n oplossing nie.