McIlroy vat Pebble Beach

Die viermalige Major-kampioen, Rory McIlroy, het sy PGA-seisoen op ʼn wen-noot afgeskop met ʼn oorwinning met twee houe by die AT&T Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië. Die Noord-Ierse speler het met ses onder 66 geëindig om op 21 onder baansyfer sy 27ste sege op die PGA-toernooi te behaal. Shane Lowry van Ierland is tweede en Justin Rose van Engeland gelykop derde saam met die Amerikaner, Lucas Glover. McIlroy sê ʼn oorwinning by een van gholf se katedrale is spesiaal: