Wouter Kellerman wen nog ‘n Grammy

Die Suid-Afrikaanse fluitspeler, komponis en vervaardiger, Wouter Kellerman, het ʼn Grammy-toekenning gewen in die kategorie vir beste New Age, Ambient, or Chant-album. Dit is vir sy album, Triveni, ʼn meditatiewe en geestelike opname saam met die Japannese tjellis, Eru Matsumoto, en Indiese stemkunstenaar, Chandrika Tandon. Kellerman is die enigste Suid-Afrikaanse solo-kunstenaar wat vyf Grammy-benoemings ontvang het. In sy aanvaardingstoespraak het Kellerman, wat met drie Grammy’s spog, gesê dis wonderlik om te wen: