Hanna gee DBV-leisels oor February 3, 2025

Die nasionale direkteur van die Dierebeskermingsvereniging, Hanna Rhodin, het uit die pos getree en die leisels aan Silke van der Merwe oorhandig. Van der Merwe sal volg wat deur Rhodin in plek gesit is en sal die kalender dienooreenkomstig volg om meer geld in te vorder deur geleenthede en fondsinsamelingpogings. Kosmos 94.1 Nuus het met Van der Merwe gesels oor haar nuwe rol.