Transnet korrupsiesaak uitgestel tot 2026

Die Hooggeregshof in Johannesburg het Transnet se lokomotief-korrupsiesaak tot 2 Februarie volgende jaar uitgestel vir verhoor. Voormalige bestuurders, insluitend Brian Molefe en sakevennote, staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery rakende ‘n kontrak van 54 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê die hof het beveel alle verdere ontbrekende besonderhede oor die saak moet teen 30 Junie opgelos word: