Uitspraak oor aansoek in rooilynsaak eers later

Die hoërhof gaan op 27 Maart uitspraak lewer in die aansoek dat Job Amupanda se rooilyn-saak van die hand gewys moet word. Amupanda, leier van die AR-party, voer aan dat die rooilyn ‘n koloniale era-konstruk is wat diskriminerend is en burgers se regte skend. Regter Shafimana Uietele is op die bank. Advokaat Raymond Heathcote, wat die Lewendehawe en Lewendehaweprodukte-raad verteenwoordig, het tydens kruisondervraging gesê Amupanda is deursoek na hy met vleis deur die rooilyn wou gaan. Amupanda beweer hy het nie geweet van die rooilyn nie.

Heathcote sê daar is geen bewyse voor die hof dat die rooilyn verwyder moet word nie.