Lugvaart-probleme in SA bekommer streek-rederye

Die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika is bekommerd oor onlangse voorvalle wat lugrederye se bedrywighede tydens die spitsreisseisoen en hierdie maand geraak het. Suid-Afrika se O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg en Kaapstad Internasionale Lughawe het probleme gehad met onder andere brandstofinfrastruktuur en elektriese kragtoevoer. Daar is steeds onsekerheid oor brandstofreserwebestuur en voorsieningsekerheid vir vliegtuigbrandstof. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linden Birns, skakeladviseur by Plane Talking, wat uitbrei.