Netflix wil Little House on the Prairie terugbring

Netflix grawe diep vir die terugkeer van Little House on the Prairie. Die geliefde program is losweg gegrond op die topverkoper-boekereeks deur Laura Ingalls Wilder waarvan meer as 73-miljoen kopieë verkoop is. Dit is eers omskep in ‘n gewilde reeks vir NBC waar dit tussen 1974 en ’83 mense nege seisoene lank vermaak het. Jinny Howe van Netflix sê hulle is opgewonde om die boek se tydlose temas van hoop en optimisme te deel met ‘n nuwe vertelling van die ikoniese verhaal.