Omusati-goewerneur bekommerd oor styging in GBV-gevalle

‘n Totaal van 4 814 gevalle van geslagsgeweld is in die vorige boekjaar in die land aangemeld, of 13 voorvalle daagliks. Die goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala het met Kosmos 94.1 gepraat na dit aan die lig gekom het dat sy streek vyfde geplaas is met 440 gevalle van geslagsgeweld wat in 366 dae aangemeld is. Dit sluit in fisiese en seksuele geweld, sowel as emosionele geweld en kinderverwaarlosing. Endjala sê die opwaartse neiging opwaarts wek groot kommer.