12 sterf in stormloop by Kumbh Mela-fees

Minstens 12 mense is in Prayagraj, Indië, dood tydens ʼn stormloop tydens die wêreld se grootste godsdienstige byeenkoms, die Kumbh Mela-fees. Hulle het gesterf toe miljoene mense hulleself in die sameloop van die Ganges- en die Yamuna-rivier wou doop. Gelowiges glo hulle sondes word skoongewas as hulle in die rivier baai. Amptenare sê byna 200-miljoen mense het in die rivier gebaai sedert die fees op 13 Januarie begin het. Opposisieleiers kritiseer die regering en sê wanbestuur het tot die tragedie gelei.