Slegter grondgehalte, bos, kos tot N$4,2 miljard jaarliks
Die landbouministerie sê bosindringing en die agteruitgang van grond kos die veesektor jaarliks tussen 2,1 en 4,2 miljard Namibiese dollar. Ongeveer 45 miljoen hektaar graslande word geraak, met bosindringing wat landbouproduktiwiteit verminder en grondwater beïnvloed. Kommersiële en kommunale gebiede word geraak. Veeproduksie het in die verlede ongeveer 70 persent van die land se uitset gedra maar, dit het in die afgelope vyf jaar tot 60 persent gedaal. Kenners meen die uitdagings sal vererger met klimaatsverandering.