M23 moet vyandighede staak

Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Mathu Joyini, het Rwanda se M23-rebelle gevra om onmiddellik alle vyandighede te staak en uit die Demokratiese Republiek die Kongo te onttrek. Dit volg nadat 13 soldate, waaronder nege lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, in gevegte met M23-rebelle dood is. Joyini het Sondag die VN-veiligheidsraad toegespreek en sê dis noodsaaklik dat die Rwandese weermag ophou om die M23-rebelle te ondersteun: