Panama kla by VN oor Trump se dreigemente
Panama kla by die Verenigde Nasies oor die dreigement van die Amerikaanse president, Donald Trump, om beslag te lê op die Panamakanaal. Die land het met ‘n oudit van die operateur van die kanaal begin. Trump sê China meng by die kanaal in. Panama verwys in ‘n brief aan die sekretaris-generaal, António Guterres, na die VN-handves wat enige lid verbied om “die dreigement of gebruik van geweld” te gebruik teen die territoriale integriteit of politieke onafhanklikheid van ‘n ander land. Panama versoek Guterres om die saak na die VN se Veiligheidsraad te verwys.