Langbaangala die naweek in 3 dorpe gelyktydig

Die Namibië Watersportfederasie se derde langbaangala keer die naweek terug, met Bank Windhoek as borg. Die geleentheid sal van Vrydag tot Sondag gelyktydig in drie swembaddens aangebied word. Hulle is die Olympia-swembad in Windhoek, die Water Cube in Swakopmund, en Sand Sharks-swembad in Oranjemund. Meer as 200 swemmers sal aan 41 items deelneem, met die doel om te kwalifiseer vir die Namibiese Nasionale Langbaankampioenskappe aan die einde van Februarie. Na die nasionale kampioenskappe sal swemmers in Maart en April na Suid-Afrika toer in vlak 2 en 3-kompetisies, insluitend die Suid-Afrikaanse junior- en senior swemkampioenskappe.