Yelland sê oor uraanprys, kernkrag

‘n Energie-kenner in Suid-Afrika, Chris Yelland, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jongste verslag van die Internasionale Energie-agentskap wat toon ‘n herlewing in belangstelling in kernenergie met die vermoë wat moontlik teen 2050 kan verdubbel tot 870-gigawatt. Volgens Yelland sal die neiging Namibië net raak in terme van die uraanprys en nie ‘n werklike kernkragstasie nie. Hy verduidelik.