Imalwa vra vir bevriesing van bates in kripto-bedrogskema
Die aanklaer-generaal Martha Imalwa vra vandag regter Boas Usiku vir toestemming om bates in die Seychelle in die Tether kripto-eenheid te bevries na sy drie rekenings, in die name van Xu Lei Liu en Zhao Chen, geteiken het, ter waarde van 256 994 Amerikaanse dollar, en die hofbevel beteken het. Die saak hou verband met die Oktober 2023 arrestasies van ten minste 20 mense in verband met die reuse-kripto-slenter deur Raylon Investments. Klopjagte is in verskeie luukse woonbuurte in die hoofstad uitgevoer. Meer as 50 mense was volgens die staat slagoffers van mensehandel en is na Namibië gebring om die bedrog hier uit te voer. Owerhede het destyds gesê dat ná die arrestasies is 163 rekenaars, 350 selfone, ses voertuie, 12 vuurwapens, ammunisie en kontant van 19 500 Namibiese dollar teruggevind. Die totale bedrag van die beweerde bedrog beloop meer as 465 000 Amerikaanse dollar, net meer as 8,8 miljoen dollar.