Savino se ACC-saak draai weer in hof 

Antonio di Savino se dagvaarding teen die Teenkorrupsie-kommissie vir meer as 9 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding kom vandag voor adjunk-regterpresident Nate Ndauendapo voor vir saakbeplanning. Di Savino was saam met Tobie Aupindi, toe hy destyds die uitvoerende hoof van die NWR was, in 2018 skuldig bevind aan korrupsie in verband met ‘n swembad wat hy blykbaar as omkoopgeld vir Aupindi geskenk het. Die saak is op appèl omgekeer en die twee is vrygespreek. Di Savino sê hy is deur sy werkgewer Rivoli Namibia na sy skuldigbevinding afgedank en is steeds tot op hede werkloos. Hy eis sy verlore inkomste en 250 000 dollar vir stres. Die kommissie verdedig. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *