Handel in ietermagôs neem toe
Die ietermagô is een van mees verhandelde soogdiere op aarde. Hulle skubbe is gesog in Asië en word teen hoë pryse verkoop. In 2023 het Namibiese owerhede beslag gelê op 17 lewende ietermagôs, 53 dooie ietermagôs en 905 skubbe, wat gelei het tot die inhegtenisneming van 106 verdagtes, volgens Namibië se Nasionale Wildbeskermingsverslag vir 2023. Die data vir 2024 is nog nie bekend nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, wat sê die onwettige handel in ietermagôs is besig om toe te neem.