Mulonda verdedig invoer-beperkings op groente
Die debat oor invoerbeperkings in Namibië en Botswana se verbod op Suid-Afrikaanse landbouprodukte trek steeds aandag. Die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom Wandile Sihlobo het onlangs die kwessie op sosiale media aangespreek en die behoefte aan meer effektiewe betrokkenheid binne die Suider-Afrikaanse Doeane-unie beklemtoon. Hy voer aan dat nie-tariefversperrings wat deur Botswana en Namibië opgelê word, die ontwikkeling van ‘n sterk streeks-landbousektor belemmer en nie strook met die gees van streeksamewerking nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bestuurder van akkerbou en tuinbou by die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda.