Aktivis geskok, teleurgesteld oor nuwe Huwelikswet
Reaksie stroom steeds in na die publikasie van die Huwelikswet van 2024 in die Staatskoerant. Die wet, wat opspraak verwek het toe dit deur Swapo-lid Jerry Ekandjo as ‘n privaatlede wetsontwerp in die Nasionale Vergadering voorgelê is, verbied die erkenning van selfdegeslag huwelike, insluitend dié wat wettiglik in ander lande uitgevoer is. Dit keer ‘n hooggeregshof-uitspraak van 2023 om. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die aktivis Ethne Mudge, wat haar skok en teleurstelling uitspreek.