Seibeb wil weet waar is die Uis-mynverslag
Die Swapo-lid Henny Seibeb het kritiek teenoor die staande komitee op natuurlik hulpbronne uitgespreek en sê daar is ‘n onaanvaarbare vertraging in sy verslag oor die onwettige litium mynbedrywighede by Uis. Verhore is reeds in Mei 2023 gehou maar die verslag is nog nie ter tafel gelê nie. Intussen het dinge versleg en bewyse van onwettige bedrywighede is bevestig. Seibeb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.