Dogtertjie, 2, versmoor deur gestremde seun, 10, terwyl ouers by shebeen kuier
Plaaslike media berig dat ‘n dogtertjie van twee Saterdagaand by die Akaonde-nedersetting by Onesi in Omusati dood is na sy en drie ander kinders, almal 10 jaar en jonger, alleen gelaat is deur ouers wat na die shebeen gegaan het. ‘n Gestremde 10-jarige seun het sand in die kind se mond gesit en sy het versmoor. Hy het haar liggaam weggesteek en weggekruip in ‘n nabye mahangu-land. Streekskommissaris Ismael Basson het aan Namibian Sun gesê die ondersoek duur voort maar geen arrestasie is gemaak nie.