Kenner sê oor veldkos wat kinders vergiftig in Kavango-streke
Ses kinders is onlangs in ‘n hospitaal in Kavango-Oos opgeneem nadat hulle giftige wilde sampioene geëet het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, die direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië, wat sê dit kan die gevolg wees van ‘n gebrek aan kos in minder bevoorregte huishoudings. Schernick sê gemeenskappe behoort opgevoed te word oor wat eetbaar is en wat nie.