S-Korea magte bring Yoon ondersteuners onder bedwang
Honderde ondersteuners van Suid-Korea se beleërde president, Yoon Suk Yeol, het vandag ‘n hofgebou bestorm nadat sy aanhouding verleng is. Vensters is stukkend geslaan en die gebou is binnegedring. Kort nadat die hof sy besluit aangekondig het, het Yoon se ondersteuners die gebou oorrompel en die onlustepolisie oorweldig. Die polisie het ‘n paar uur later orde herstel en sê hulle het 46 betogers gearresteer en het belowe om ander betrokkenes op te spoor. Yoon is na verskeie vertragings gearresteer oor die krygswet wat hy op 3 Desember ingestel het.