SARB vra hof vir toegang tot Markus Jooste se elektroniese data
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank wend hom tot die hof om toegang te verkry tot data van fone en rekenaars waarop beslag gelê is tydens ‘n klopjag op die eiendom van die oorlede uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, twee jaar gelede. Die bank beweer Jooste het die vrystelling van data vertraag tot sy dood in Maart verlede jaar. Die bank het ondanks die beslaglegging steeds nie toegang tot kritieke elektroniese lêers nie, insluitend e-posse en sigblaaie, wat noodsaaklik is vir voortgesette ondersoeke.