Groot kommer oor dwelms in Hardap

 ’n Ontstellende epidemie steek kop uit in die Hardap-streek. Verslae toon ‘n skerp toename in dwelmhandel en verbruik, veral in Rehoboth, waar owerhede bekommerd is oor die toenemende misdaadsyfers wat aan onwettige aktiwiteite gekoppel is. Dwelmhandelaars gebruik ook glo jong kinders as dwelmmuile. Die wydverspreide invloed van dwelms stook nie net misdaad nie, maar hou ook kwesbare bevolkings, insluitend skoolkinders, vas in ‘n siklus van geweld en wanhoop. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hardap-goewerneur Solomon April, wat sy bekommernisse deel. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *