Gemiddelde huisprys styg met 7%
Die 12-maande-geweegde gemiddelde huisprys in Namibië het meer as 1,3 miljoen Namibiese dollar bereik in die derde kwartaal van 2024, volgens FNB se jongste huisprys indeks. Dit is ‘n styging van 7 persent op ‘n jaargrondslag, die hoogste groeikoers sedert 2021. Die sentrale streek het ‘n 6,9 persent jaar-tot-jaar styging in huispryse aangeteken, vergeleke met ‘n 2,9 persent styging in die tweede kwartaal. Die klein-behuisingsegment, geprys tussen 500 000 dollar en 1,5 miljoen dollar, het met 14 persent op ‘n jaargrondslag gegroei. Kosmos 94.1 Nuus het met Schantal Teichman, die hoofagent by Just Property, gepraat oor of die eiendomsmark aan die herstel is.