Sinner bly op koers by Australiese Ope

Tennis: Wêreld nommer een, Jannik Sinner, het die eerste keer in 14 wedstryde ʼn stel afgestaan, maar het hom reggeruk om die verdediging van sy Australiese Ope-titel op koers te hou. Die topgekeurde Italianer was aanvanklik die kluts kwyt teen die Australiese promotorskeuse, Tristan Schoolkate, nommer 173 op die ranglys, maar het hom reggeruk om met 4-6, 6-4, 6-1 en 6-3 op die hoofbaan koning te kraai. Dit was sy 16de agtereenvolgende oorwinning en ʼn onheilspellende teken vir sy volgende teenstander in die derde ronde, Marcos Giron.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *