Tiener-ster Fonseca verloor by Aus Ope in vyfstel-riller

Tennis: Die uitgeslape Italianer, Lorenzo Sonego, het die opkomende tiener-ster, Joao Fonseca, ʼn rillerstryd in die tweede ronde by die Australiese Ope in vyf stelle uitgeboender. Die talentvolle 18-jarige Brasiliaan het ʼn opskudding veroorsaak toe hy die negende gekeurde Andrey Rublev uitgeskakel het en was skynbaar op pad na nog ‘n opskudding. Die 55ste gekeurde Sonego het egter verbete teruggeveg om met 6-7, 6-3, 6-1, 3-6 en 6-3 te seëvier. Die nederlaag was die eerste na 15 oorwinnings vir Fonseca. Carlos Alcaraz en Novak Djokovic het vandeesweek gesê hy is bestem vir groot dinge.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *