Conclave, Emilia Pérez kry meeste Bafta-benoemings
Edward Berger se pous-riller, Conclave, wat in die Vatikaan afspeel, loop met 12 benoemings voor by vanjaar se Bafta-filmtoekennings. Dit sluit in beste film en regisseur, beste akteur vir Ralph Fiennes en beste byspeler vir Isabella Rossellini. Die Spaanse musiek-riller oor ʼn trans-Mexikaanse kartelbaas, Emilia Pérez, het elf benoemings ontvang – onder andere beste hoofrolspeler vir Karla Sofía Gascón en beste byspeler vir Selena Gomez en Zoe Saldaña. The Brutalist spog met nege benoemings, gevolg deur Anora, Dune: Part Two en Wicked met sewe. Die toekenningseremonie vind op 16 Februarie in Londen plaas.