VSA-rentekoers behoort hoog te bly
Daar was slegte nuus vir rentekoersverlagings nadat Amerikaanse verbruikersinflasie in Desember vir ‘n derde agtereenvolgende maand gestyg het terwyl energiepryse styg. Dit plaas druk op die Federale Reserwe om rentekoersverlagings terug te hou. Die verbruikersprysindeks het verlede maand tot 2,9-persent gestyg teenoor ‘n jaar gelede, vanaf 2,7-persent in November. Die Amerikaanse sentrale bank het sedert September koerse met ‘n volle persentasiepunt verlaag. Die onlangse styging in inflasie dra by tot die verwagtinge dat die koers later vandeesmaand onveranderd sal bly.