VSA se Kuba besluit in lyn met wêreldsolidariteit

Die Verenigde State se besluit om Kuba van sy lys van staatsborge van terrorisme te verwyder, is hartlik deur die regering verwelkom. Die regering het die hoop uitgespreek dat die besluit sal lei tot die opheffing van ekonomiese sanksies teen Kuba. Volgens amptenare kan dit die deur oopmaak vir dieper internasionale samewerking en verbeterde diplomatieke betrekkinge, wat in lyn sal wees met Namibië se groter doelwit van wêreldsolidariteit. Ambassadeur Jerobeam Shaanika, die adjunk-uitvoerende direkteur by die ministerie van internasionale betrekkinge, is aan die woord.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *