Sasco gaan volhou met protesoptrede

Die South African Students Congress, Sasco, is vasbeslote om met hulle versetoptrede by die Mangosuthu-universiteit van Tegnologie in Umlazi voort te gaan, ondanks gister se besoek van die KwaZulu-Natalse LUR vir Onderwys, Kwazi Mshengu. Hy het gesê studente het ingestem om betogings te staak ná samesprekings. ‘n Woordvoerder van Sasco, Luyanda Chiliza, sê daar is nog nie ‘n ooreenkoms tussen die studente en die LUR bereik nie