Nanso bly oor wyer Nsfaf-befondsing, maar ‘meer kan gedoen word’
Die Namibiese Studente Hulpfonds, Nsfaf, het 3 miljard Namibiese dollar opsy gesit vir alle studente om aansoek te doen vir lenings. Daar sal nie meer net aan behoeftige studente befondsing verskaf word nie. ‘n Wyer aantal kursusse sal ook befonds word, asook studente wat modules moet herhaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Nanso, Dorothea Nangolo, gesels wat sê dat hulle trots is aangesien hulle hiervoor gepleit het, maar meer kan nog gedoen word.