Erge hitte sal landbou raak, ingryping nodig
Volgens die Wêreld Weerkunde-organisasie, die VN se weer- en klimaatsagentskap, gaan 2025 die warmste jaar op rekord wees, na ‘n dekade van ongekende hitte. Die bruikbaarheid van grond in Namibië sal negatief beïnvloed word deur klimaatsverandering, het kenners reeds voorspel. Met stygende temperature tesame met wisselvallige reënvalpatrone, kan die produktiwiteit van plaaslike landbougrond teen 2050 met 42 persent daal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, wat meer inligting gee.
Brown voeg by dat Namibië dringend moet vooruit beplan en die planne uitvoer.