Afrika-lugvaart sien vraagstyging, maar kan verbeter

Die Internasionale Lugvervoervereniging het data vir die wêreldwye passasiersaanvraag in November 2024 vrygestel. Die totale vraag, gemeet in inkomste passasierskilometers, was 8,1 persent hoër vergeleke met November 2023. Totale kapasiteit, gemeet in beskikbare sitplekkilometers, het op ‘n jaargrondslag met 5,7 persent gestyg. Die vragfaktor was 83,4 persent, ‘n rekordhoogtepunt vir November. Kosmos 94.1 Nuus het met Linden Birns, die besturende direkteur van Plane Talking, gesels wat inligting oor die situasie in Afrika deel.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *