‘Deurbraak’ in samesprekinge om Gaza-oorlog te beëindig

Bemiddelaars het Israel en Hamas ‘n finale konsep-ooreenkoms gegee om die oorlog in Gaza te beëindig, het ‘n amptenaar wat oor die onderhandelinge ingelig is gesê ná samesprekings wat deur gesante van beide Joe Biden en Donald Trump bygewoon is. Die teks vir ‘n wapenstilstand en vrylating van gyselaars is deur Katar aan beide kante voorgelê tydens samesprekings in Doha, wat die hoofde van Israel se Mossad en Shin Bet-spioenasie-agentskappe en Katar se premier ingesluit het. Die amptenaar sê die volgende 24 uur sal deurslaggewend wees om die ooreenkoms te bereik. Hy beskryf die konsep as die uitkoms van ‘n deurbraak wat in die vroeë oggendure vandag bereik is. Amerika se nasionale sekuriteitsadviseur, Jake Sullivan, is aan die woord.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *