Alcaraz dring deur by Australiese Ope

Tennis: Carlos Alcaraz het sy aanslag vir sy eerste Australiese Ope-titel begin deur in skoon stelle ontslae te raak van Alexander Shevchenko van Kazakstan. Die Spanjaard het in sy eerste wedstryd van die seisoen ʼn paar benoude oomblikke in Melbourne beleef voor hy uiteindelik met 6-1, 7-5 en 6-1 koning gekraai het. Alcaraz wil ʼn loopbaan-Grand Slam behaal deur al vier majors teen ouderdom 21 te wen. Hy speel in die tweede ronde teen Yoshihito Nishioka van Japan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *