Aanstelling van Laurian Johannes-Haupt maak SA rugby-geskiedenis
Rugby: Die voormalige hoofafrigter van die Junior Springbok Vrouespan, Laurian Johannes-Haupt, is nou voltyds by SA Rugby as die Springbok Vroue se hulpafrigter. Sy is die eerste voltydse vroue-rugbyafrigter wat by ‘n nasionale span in die organisasie betrokke is. Die 40-jarige het die Springbok Vrouespan by die 2010 Rugby Wêreldbeker verteenwoordig en in 12 toetse gespeel voordat sy in 2014 uitgetree het. Johannes-Haupt sê sy is gretig om die vrouespel verder te laat groei, en meen sy sal dit nou makliker kan doen.