LA-brande woed steeds, dodetal nou 16

Kalifornië se goewerneur, Gavin Newsom, het ‘n onafhanklike ondersoek gelas na redes waarom daar geen waterdruk in sommige brandkrane was nie, tydens veelvuldige veldbrande in Los Angeles. Die dodetal het intussen tot 16 gestyg met meer as tienduisend strukture wat vernietig is. Newsom sê hy het staatswater- en brandbestrydingsbeamptes opdrag gegee om ‘n onafhanklike verslag oor die voorval saam te stel, wat verduidelik waarom daar ‘n verlies aan waterdruk en geen water was om brande, veral die Palisades-brand, te bestry nie. Hierdie brand het reeds 23 000 hektaar verskroei en is net 11% persent in bedwang.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *