Cyril moet Mos-president se inhuldiging boikot: Maimane

BOSA se leier, Mmusi Maimane, het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om Daniel Chapo se inhuldiging as die president van Mosambiek volgende Woensdag te boikot. Mosambiek se opposisieleier, Venâncio Mondlane, beweer hy is die waarlike verkose president ná ‘n betwiste verkiesing wat dodelike betogings tot gevolg gehad het. Maimane het in gesprek met eNCA Suid-Afrika se reaksie op die krisis gekritiseer en aangedring op sterker ingryping.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *