Skotland kry eerste amptelike dwelm-gebruiksvertrek

Skotland se leier, John Swinney, is vol lof oor die ingebruikneming volgende week van die eerste gebruiksvertrek vir onwettige dwelms in Brittanje, na ʼn jare lange stryd met die Britse regering oor die kwessie. Gebruikers in Glasgow sal toegelaat word om hulle eie dwelms onder mediese toesig in ‘n skoon omgewing te neem. Die oogmerk is om die gevare met die spuit van dwelms te beperk, insluitend die risiko van bloedoordraagbare virusse soos MIV. Dwelmgebruikers sal hopelik hulle lewens verbeter en die algemene negatiewe impak van inspuitings in openbare plekke verminder.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *